Fooie & Sentrum Ure
Duidelike, deursigtige inligting oor ons bedryfsure en fooie vir 2026.
Sentrum Ure
| Graad 4–12 | Maandag tot Donderdag: 08:00–14:00 |
| Graad RRR–3 | Maandag tot Donderdag: 08:00–13:30 |
| Alle Leerders | Vrydag: 08:00–13:00 |
| Openbare Vakansiedae | Sentrum gesluit op alle openbare vakansiedae |
Die hekke word om 08:00 gesluit. Dit is die ouer se verantwoordelikheid om te sorg dat leerders betyds aankom. Reël asseblief vooraf as leerder laat gaan wees.
Nasorg
Nasorg is beskikbaar van 14:00–18:00 teen R1,000.00 per maand. Geen etes is ingesluit nie — slegs 'n glasie koeldrank en 'n peuselhappie word verskaf.
Vakansiesorg
| Halfdag (06:30–12:30) | R50 per dag / R200 per week |
| Voldag (06:30–18:00) | R80 per dag / R300 per week |
Jaarlikse Registrasiefooie (Nie-terugbetaalbaar)
| Graad RRR – R | R1,000.00 per kind |
| Graad 1 – 11 | R3,000.00 per kind |
| Graad 12 | R3,500.00 per kind |
Die registrasiefooi verseker u kind se plek en dek die afrol van vraestelle, toetse, portefeuljes, en basiese skryfbehoeftes-verbruiksartikels (bv. papier, seep, tissues).
Maandelikse Sentrumfooie
| Graad 1 – 3 | R2,600.00 per maand |
| Graad 4 – 6 | R2,800.00 per maand |
| Graad 7 – 11 | R3,200.00 per maand |
| Graad 12 | R3,800.00 per maand (betaalbaar oor 10 maande: Januarie–Oktober) |
Betalingsinligting
- Fooie is maandeliks vooruitbetaalbaar van Januarie tot Desember.
- Alle betalings moet op of voor die 3de van elke maand in die El Roi Akademie-rekening reflekteer.
- 'n Maandelikse boete van R350 sal gehef word op betalings na die 3de.
- Leerders met agterstallige fooie sal nie toegelaat word by die sentrum of eksamenfasiliteite nie.
- Sentrumfooie is nie terugbetaalbaar nie.
- 'n Minimum van 1 maand se geskrewe en getekende kennisgewing word vereis wanneer 'n leerder onttrek word.
Konsessie-leerders
Konsessie-leerders wat 'n amanuensis tydens eksamens benodig: R2,500 p.j. (lees en skryf) of R1,250 p.j. (slegs lees). Volle konsessie-fooie is betaalbaar voor 1 Maart.
Snoepie
'n Snoepie is beskikbaar vir leerders tydens pouses. Indien u verkies om nie kontant saam met u kind te stuur nie, kan u vooraf krediet in hul snoepie-rekening laai. Kaartaankope word ook aanvaar. Geen skuld sal gegee word nie.