Sentrum Reëls & Beleide
Ons reëls verseker 'n veilige, respekvolle en gefokuste leeromgewing vir elke leerder.
El Roi Akademie is verbind tot die handhawing van 'n gestruktureerde, respekvolle en veilige omgewing. Die volgende reëls is van toepassing op alle leerders en word deur ouers/voogde by inskrywing onderteken.
Bywoning & Stiptelikheid
- Sentrumure moet te alle tye nagekom word (sien Fooie & Ure bladsy vir huidige tye).
- Die hekke word om 08:00 gesluit. Reël asseblief voor 08:00 as u kind laat gaan wees.
- Leerders moet teen 14:00 opgelaai word. Die sentrum aanvaar geen verantwoordelikheid vir leerders wat na hierdie tyd op die perseel bly sonder nasorg nie.
Kleredrag & Voorkoms
- Alle leerders moet te alle tye netjies en fatsoenlik aangetrek wees.
- Geen onderklere mag sigbaar wees nie.
- Hemde moet moue hê; hare moet altyd netjies wees.
- Meisies: Geen crop-tops of lae halsklere. Rokkies/rompe mag nie korter as 4 vingers bo die knie wees nie. Rompe moet met skipants gedra word. Geen stywe ski-pants tensy met 'n lang top oor.
- Seuns: Geen oorbelle toegelaat nie.
- Geen tong- of neus-piercings toegelaat nie.
- Meisies mag maksimum 2 stelle oorbelletjies dra.
Gedrag & Taalgebruik
- Alle leerders word verwag om te alle tye respekvolle gedrag en taalgebruik te handhaaf.
- Leerders moet daarna streef om die beste eienskappe in hulself en hul medeleerders uit te bring.
- Geen boelie, diefstal of geweld van watter aard ookal sal toegelaat word nie.
Verbode Items
- Geen rook, drank, dwelms of pornografie word op of naby die perseel toegelaat nie. Dit sluit e-sigarette, vapes en snuif in.
- Leerders wat met verbode items betrap word, sal onmiddellik gevra word om te vertrek, met 'n 2-week skorsing.
- 'n Tweede oortreding sal lei tot 'n finale skriftelike waarskuwing en uitsluiting.
- 'n Boete van R300 is van toepassing indien 'n leerder 'n gekonfiskeerde item wil terugkry.
Selfone
- Alle selfone/karsleutels moet teen 08:00 ingehandig word.
- Enige foon wat tydens sentrumtye by 'n leerder gevind word, sal 'n boete van R300 tot gevolg hê voor die foon teruggegee word.
- El Roi Akademie aanvaar geen aanspreeklikheid vir ingehandigde fone nie.
- 'n Geskrewe waarskuwing word by 'n tweede oortreding uitgereik; die leerder sal daarna nie meer met 'n selfoon toegelaat word nie.
Akademiese Gedrag
- Alle opdragte en portefeuljes moet die leerder se eie oorspronklike werk wees.
- Plagiaat — insluitend die gebruik van ChatGPT of soortgelyke programme — sal 'n nulpunt tot gevolg hê.
- Geen skryfbehoeftes mag tussen leerders heen en weer geleen word nie.
- Leerders sonder die vereiste skryfbehoeftes tydens eksamens sal nie toegelaat word om eksamen te skryf nie.
- Alle opdragte moet stiptelik ingedien word. Indien afwesig, moet die taak steeds by die sentrum afgelewer word.
Eiendom & Perseel
- Tutors, leerders, eiendom en toerusting moet te alle tye gerespekteer word.
- Beskadigde eiendom sal op die ouer se koste herstel of vervang word.
- Elke leerder is verantwoordelik om sy/haar werksarea te alle tye netjies en skoon te hou.
- Higiëne is van uiterste belang — badkamers moet skoon en netjies agtergelaat word na gebruik.
- Leerders is beperk tot klaskamers, badkamers en aangewysde buiteluggebiede. Toegang tot ander gebiede is ten strengste verbied.
- Geen voertuig mag op die perseel bestuur word sonder 'n geldige rybewys en toestemming nie.
Dissiplinêre Proses
- Indien 'n leerder nie by die sentrum reëls hou nie, sal ouers in kennis gestel word en die leerder kan gevra word om die perseel te verlaat.
- Na 3 skriftelike waarskuwings kan die inskrywingsooreenkoms beëindig word, met 1 maand se betaalde geskrewe kennisgewing.
- El Roi Akademie behou die reg voor om 'n leerder se inskrywing nie vir die volgende jaar te hernu nie.
Foto-toestemmingsbeleid
Foto's geneem vir bemarkingsdoeleindes — soos sosiale media, handelsmerk of promosionele materiaal — mag deur El Roi Akademie gebruik word. Ouers/voogde moet die foto-toestemmingsvorm tydens inskrywing voltooi. El Roi Akademie behou die reg voor om publikasie te weier indien dit nie in die beste belang van die leerder is nie. Foto's sal nie verkoop of aan derde partye vrygestel word nie en bly die eiendom van El Roi Akademie.